Soek-masjien optimaliseering(SEO) Pretoria Noord | Montana

2019-07-02 08:36:56

soek-masjien optimalisering PretoriaDaar word gesê dat die Google algorythm 101 verskillende items ondersoek om te bepaal waar om 'n web bladsy op sy ranglys te sit, alhoewel sover ons kan bepaal behoort daar dalk meer as 200 punte te wees. Die verskillende punte het verskeie grade van belang. Skepping van webwerwe wat werk neem vaardigheid en kennis. Om 'n brosjure oplyn te publiseer, is maklik, om die webwerf gesien te kry benodig toewyding. Die doel hier is om die nie betaalde organiese ranglys te domineer.

Soek-masjien optimalisering(SEO) Pretoria Noord: Jou webwerf gaan nie in 5 dae resultate lewer nie


Oor die jare het ek al my klieënte se besigheid webtuistes tot bo aan Google se ranglys geneem. Natuurlik erken ek dat die sleutelwoorde en frases is geoptimaliseer vir plaaslike resultate.

90% van maatskappye kompeteer op n plaaslike vlak, 40% van alle vrae aan soekmajiene is op soek na 'n plaaslike besigheid, Dis belangrik om daar te kompeteer, Selfs Nasionale Maatskappye moet op 'n tak vir tak basis plaaslik kompeteer. Die goeie ding van die web is dat elke weblad word op sy eie meriete beoordeel.
Soek-masjien optimaliseering(SEO) Pretoria Noord | Montana

Soek-masjien optimalisering(SEO) Pretoria Noord: Kom ons praat voorbereiding


Die belangrikste deel van 'n webwerf is sy inhoud, Goeie inhoud is alreeds 50% van die stryd. Die soek-masjiene sal nooit 'n webblad veroordeel omdat die inhoud te goed is nie. Die teenoorgestelde is intendeel die waarheid, Goeie inhoud bied waarde en Google hou van waardevolle inhoud. Die vraag wat moet gevra word is, wat doen my kompetisie en hoe kan ek dit beter doen?

Sleutelwoorde is waar die krag van die www lê. Die eerste ding om te doen is om te verstaan, watter vrae gevra geword deur mense wat na jou besigheid soek. Watter sleuel woorde gebruik hulle. Ek bou hierdie webblad in Afrikaans, Daar is bitter min inligting beskikbaar oor Afrikaanse sleutelwoorde omdat daar min Afrikaners is wat nie in Engels sal soek nie, Hierdie webblad is 'n eksperiment om te sien of daar meer Afrikaners is, wat in Afrikaans soek as wat meeste van ons dink. Die sleutel woorde waarop ek fokus is "Soek-masjien optimalisering(SEO) Pretoria Noord" dit is 'n vertaling van die Engelse frase "Search Engine Optimisation, Pretoria North".

Beplan jou titels en meta beskrywings ook. Die titel en meta beskrywings word gebruik deur die soek masjiene om jou webblad te beskryf op die soek-masjien resultate, Hoe meer hulle van toepassing is op die inhoud. Dit maak sin om hulle kragtig te maak. Die Titel is om en by 60 karakters, en die meta beskrywing 160 karakters. Maak hulle treffend. Elke blad sin moet verskil.

Met net hierdie drie dinge reg is jou soek-masjien optimalisering alreeds beter as 47% van webtuistes op die www. Dit is alles dinge waaroor jy self beheer het. Beplan en werk die plan.

Soek-masjien optimalisering(SEO) Pretoria Noord: Hoe om sleutelwoorde te kry


Daar is baie sagteware wat sleutelwoorde ondersoek, van dit gratis en van dit baie duur. Dit het alles een ding in gemeen, Dit gee nie veel beter resultate as wat die soek-masjiene jou gee. Het jy al die afval lysie van soek terme gesien wanneer jy self die soek-masjiene gebruik. Daai is goud. Jy weet automaties dit is waarvoor mense soek.
Soek-masjien optimaliseering(SEO) Pretoria Noord | Montana
Wanneer ek begin om Afrikaans in te tik, maak Google voorstelle, en daai voorstelle is wat mense voorheen gesoek het, Meestal is dit in orde van getal aanvrae. daardie lys is jou wen resep vir sleutelwoord navorsing, Jy het nie meer as dit nodig nie. Tik jou diens in en kyk waarna soek mense. Ek het 'n navraag gedoen vir soek masjien optimalisering en die resultaat is hierby. Kom ons kyk nou hoe maklik dit gaan wees om te kompeteer vir die sleutelwoorde.

Ons kyk na die resultate en sien hoeveel resultate daar is. Hoe meer daar is, hoe moeiliker, maar daar is nog toetse om te doen voor ons besluit. Kom ons sit hakkies om ons navraag, "webwerf ontwerp" en kyk dan na daai resultaat. In my geval is daar net 12900 resultate, dit beteken dit is bietjie straf om te kompeteer, Enig iets onder 1000 resultate is doenbaar.

Kom ons vat dit 'n stappie verder en sit ons stad of dorp by nou soek ek vir "webwerf ontwerp" +Pretoria. Daar is nou net 173 resultate. so my belangrike soek frase word nou webwerf ontwerp Pretoria, maar as ons 'n stap verder gaan en ek las die woord Noord is daar net 7 resultate. Dis onmoontlik om nie te kan kompeteer op daai lang stert frase nie. Ek gaan baie minder resultate kry vir webwerf ontwerp Pretoria Noord as vir webwerf ontwerp op sy eie, maar bietjies, bietjies word baie. Onthou dat die frase webwerf ontwerp Pretoria Noord sluit in die ander twee korter frases.

As jou inhoud belangrik genoeg geag word om bo op die ranglys te wees vir Pretoria Noord en mense wat deur druk vanag Google tyd op die web werf spandeer, sal jy na n tyd belangrik genoeg geag word vir Pretoria end dan vir die oorspronklike frase. Die idee is om eers die fondasie te gooi en dan te bou.

Soek-masjien optimalisering(SEO) Pretoria Noord: Hoe om inhoud te skep


Dit is belangrik om te verstaan dat meeste mense gaan jou inhoud oorskemer voor die besluit gemaak gaan word om die lang artikel te lees, maak dit maklik om te doen. Die manier om dit maklik te maak om te oorskemer is kort paragrawe. Kort paragrawe is makliker om te lees. Ek weet nie van jou nie maar ek lees baie, elke keer wat ek n artikel kry met groot blokke teks val my belangstelling onmiddelik.

Soos meeste mense wat goed lees doen ek die oorskemering of spoedlees ding. Daar is so baie inligting beskikbaar aanlyn dat ek nooit alles gaan lees nie. Ek probeer altyd vasstel of die inligting iets is wat ek nie alreed gelees het nie, as dit is is ek weg. so die tweede ding wat ons moet doen is ons inligting uniek maak, daar moet iets nuuts wees, iets wat ek nie al voorheen gelees het nie.
Soek-masjien optimaliseering(SEO) Pretoria Noord | Montana
Hierdie punt kan ek nie meer stres nie, hooflyne, gereelde hooflyne breek die inligting in blokke wat maklik is om te verteer. Kyk na hierdie artikel, Nie net is daar gereelde hooflyne nie maar daar is woorde en lyne wat gekenmerk is met sterker teks wat dit makliker maak om te sien as jy spoed lees. Daar is die resep vir goeie inhoud.

Gebruik woorde wat maklik is om te lees. Afrikaans is vol vreeslike lang woorde, probeer om korter woorde te gebruik waar jy kan, Statisties is daar meer groot mense wat nie lees nie en wat op die vlak van 'n tienjarige skolier lees. As jy hulle verloor, verloor jy meer as 50% van jou teiken mark.

Industrie taal, terme en slang taal is taboe. Ja, almal in jou industrie weet wat 'n sky hook of 'n long weight is, maar jou klieënte dalk nie. Dis nie onmoontlik dat tegniese blaaie sal werk, maar meeste mense wil weet 'n motor is gemaklik, het 'n puik diens rekord en jou bure gaan jaloers wees, as mense wat wil weet van perdekrag, wingkrag en krag tot gewigsverhouding.

Laastens probeer om vrae te beantwoord wat mense gewoonlik het oor jou produk of diens. As jy probleme oplos, is jou kop deur. Volgens statistiek lees mense tussen 3 en 5 bladsye van inligting voor hulle 'n besigheid nader vir diens. maak jou inligting waardevol, belankrik en beter as al jou opposisie sin.

Soek-masjien optimalisering(SEO) Pretoria Noord: Goeie titels en meta beskrywing


Die manne wat klik-aas lewer het die kuns van 'n goeie hooflyn bemeester, maar van hulle is baie spammerig. Hy het die bal geskop en jy sal nooit glo wat gebeur sal baie mense aanlok, maar ek dink nie dis die mense wat ons soek nie. Daar is goeie verkeer en daar is slegte verkeer. Om verkeer te werf om verkeer te werf is sinneloos. Ek will eerder 20 gaste op my webwerf ontvang wat sal koop as 40 000 wat nooit sal nie.

Alhoewel Google kyk na die verkeer na jou webblad as een van daai dinge in die algorythm, dink ek die weierings prestasie is belangriker. as jou weiering prestasie laag is, dan is jou inhoud van belang vir die wat wel daar lees. As jy meer wil weet oor weierings prestasie lees gerus ons tuisblad.

Ek verkies 'n goeie beskrywende hooflyn wat pas by my sleutelwoorde en doelwitte. "Kry jou gratis soek-masjien verslag hier. Pretoria Noord" Of "Ons ontwerp webwerwe wat resultate bied. Pretoria Noord" Kort kragtig en op punt. Jy het 60 karakters om mee te werk. Hierdie hooflyne is spesifiek ontwerp vir plaaslike soek-masjien optimalisering en moet nie vergis word met daai wat ek sou gebruik op 'n blog nie.

Die meta beskrywing gee vir jou 160 karakters om te beskryf waaroor die bladsy gaan. Hierdie bladsy gaan oor soek-masjien optimalisering, so die titel en beskrywing sal die sleutel woorde van die blad hê. Die beskrywing moet vir die soeker die waarheid vertel.

Daar is niks meer ontstellend as om te dink jy het jou antwoorde gevind want die beskrywing en titel het jou laat dink die antwoord lê hier, en die bladsy het niks temake met die vraag nie. Al wat jy gaan kry is 'n groter weirings persentasie. Maak jou titel en beskrywing relevant aan die inhoud..

Soek-masjien optimalisering(SEO) Pretoria Noord: Semantiese web of Schema opmaak


Die semantiese web is ook bekend as schema opmaak. Dis kode wat spesifiek nie op die bladsy verskyn nie, wat ontwerp is vir die soek-masjiene. 'n Voorbeeld van die opmaak is die volgende.

geo :{
@type : GeoCoordinates ,
latitude :26.0145589,
longitude :-28.1273711
}, areaServed : {
@type : GeoCircle ,
geoMidpoint : {
@type : GeoCoordinates ,
latitude :26.0145589,
longitude :-28.1273711
},
geoRadius : 60000
}

Hierdie brokkie code vertel die soek masjiene waar die besigheid gelee is, Waar die besigheid diens lewer en hoe ver die besigheid bereid is om te reis om klieënte te sien. daar is baie meer opmaak as net die, Daar is opmaag vir adres, besigheids-ure, webwerf adres, besigheid tipe, produkte, nuus, blogs en baie meer. Hierdie schema kode maak dit maklik vir Google en die ander soek masjiene om meer van jou besigheid te verstaan.

Soek-masjien optimalisering(SEO) Pretoria Noord: Analiese


Dit is belangrik om te weet hoevel individue jou webwerf opgespoor het, hoe, wat hulle daar gedoen het en hoeveel van hulle jou genader het vir diens. Hierdie statistiek is belangrik omdat daarmee, die soek-masjien optimalisering verbeter kan word. Daar is inligting oor soekwoorde wat gebruik os, hoeveel keer jou besigheid gelys is, hoeveel keer daar op jou skakel gedruk is, hoeveel het deurgedring na ander bladsye op jou webwerf en meer.

Jy sal weet watter bladsye goeir resultate lewer, watter minder, sal kan uitwerk of bladsye kan verwyder word, kombineer word en watter moet herwysig word om die inhoud te verbeter. Jy sal ook nuwe sleutewoorde opspoor en die bladsy kan verbeter om beter resultate te kry. Google maak dit maklik om te kompeteer, volg net die instruksies en wen.

Soek u 'n gratis soek-masjien verslag op u webwerf, stuur net vir my 'n boodskap op die epos vorm.

See more blogs by tag

oek-masjien, optimalisering, sleutelwoorde, scema, semantiese web, inhoud bestuur,

Blogs

Contact Us

Pretoria Web Design is a division of Imagimedia. This site focuses on website design and optimisation. Do not just arrive, make an appointment so that you won't be disappointed.

Contact: Guy McLaren
Imagimedia

143 Sandvygie Crescent
Doornpoort
Pretoria
GAUTENG
0017

Call 076 934 3640
Mobile 076 934 3640

Map and Directions

Contact us by email

Your Name

Your Email address

Your Phone Number

Spam Control. Opposite of light? dark or yellow?
Your Message