Internet Bemarking Pretoria | Noord | Oos | Wes | Centurion

2019-07-02 08:36:25

soek majien optimaliserings verslagInternet bemarking gaan oor betaalde advertering en nie oor die organiese resultate op die soek-masjien resultate nie. Omdat Soek-masjien optimalisering tyd vat, wil maatskappye op die kort termyn adverteer om gesien te word. ons gaan praat oor agt verskillende tipes advertensies.

Internet Bemarking Pretoria en Centurion | Die basiese inligting


Internet Bemarking het baie voordele. Een van die belangrikste is dat jy jou mark kan teiken en hoef nie soos in tydskrifte aan mense wat nie 'n belangstelling in jou produkte of dienste het. Jy kan besluit of jy op 'n spesifieke webtuiste wil adverteer of nie, en of jy 'n spesifeke mark wil teiken of nie.

Jy kan ook kyk na jou advertering om te sien wat werk of nie. Jy kan elke advertensie gebruik vir 'n spesifieke doel en jy kan toetse doen om te sien watter advertensie die beste werk. Op 'n artikel hier gesels ons oor UTM kodes en hoe om dit te gebruik vir analiese.

Jy kan gelyktydig 'n klomp verskillende veldtogte voer en kan toets waar werk jou uitgawe die beste. In kombinasie met UTM en Google Analytics kan jy sien wat werk of nie. Elke veldtog en advertensie kan uniek uitgeken word. Ons is hier om die analiese te analiseer en jou te help om die regte besluit te maak.

Internet Bemarking Pretoria en Centurion | Vertonings advertensies


Vertonings advertensies kan gekoop word op verskillende maniere, Daar is plekke wat 'n maandeliks fooi vra vir advertering op hulle web tuistes, ander vra per skakel wat gedruk is en ander laat jou betaal as jy 'n transaksie gemaak het. Daar is maatskappye wat die tipe advertensie beskikbaar stel vir klein webtuistes sodat hulle kan geld verdien van advertering af.

Ons kan jou veldtog en begrotings help beplan, die advertensies opmaak en die plasings doen vir jou. Met die UTM omvang kan ons binne dae sien wat om te verander, waar om dit te doen en waarvandaan kom die beste resultate.

Internet Bemarking Pretoria en Centurion | Soek-masjien Bemarking


Bemarking op die internet en veral soek-masjiene bestaan uit twee gedeeltes, soek-masjien optimalisering, ons praat hier daaroor en gaan dit nie op hierdie blad bespreek nie. Die tweede deel is soek-masjien advertering.

Op meeste resultaat blaaie is daar advertensies bo aan en onder aan die blad. Ons kan help met plasing, skryf van die advertensies en analiese van die resultate. Die advertering word op 'n koste per klik uitgewerk en daar moet gebie word vir die sleutel woord kombinasies. Hoe meer van toepassing jou advertensie is op die bladsy waarna dit verwys hoe beter sal dit vaar en meer prominent geplaas word.

Hier is bietjie statistiese inligting van belang. As mense koop woorde gebruik soos buy, purchase of order kry die advertensies 65% van die kilkke, ongeveer 30%% van die klikke gaan aan die top 3 advertensies. 61% gaan aan die organiese resultate.

Internet Bemarking Pretoria en Centurion | Sosiale media


Meeste sosiale media platforme het 'n manier on te adverteer. Ek verkies Google vir advertering want sosiale media het perke. Ek weet Facebook se teikenmoontlikhede lyk goed maar my toetse het dit as bedroewing bewys. Ek het geadverteer vir mense wat in Pretoria woon wat diplomas of beter het, wat werk, en ek het mense in Polokwane en Tzaneen gekry wat werkloos was wat reageer het. Ek het geen baat gevind by hulle advertensies nie.

Internet Bemarking Pretoria en Centurion | Verskuilde advertering


Advertering wat nie lyk soos advertering nie, Hierdie advertering kan so min as a'n skakel in 'n artikel wees wat 'n sleutelwoord frase na jou webwerf verwys of dit kan lyk soos nog artikels wat jy sal in belangstel gedeeltes op 'n webwerf. daar is dalk 'n foto met 'n klein opskrif en 'n meer inligting knoppie.

Hierdie is 'n baie suksesvolle manier om te adverteer omdat mense dit nie as advertering sien nie.

Internet Bemarking Pretoria en Centurion | PPC Betaal per klik


Google laat jou toe om op derde party webtuistes te adverteer wat in jou bedryf is, teks advertensies word op webtuistes geplaas en jy betaal net as iemand klik daarop en op jou webwerf kom.

Internet Bemarking Pretoria en Centurion | Herbemarking


As iemand op jou webtuiste was en gekyk het na iets spesifiek, maar het nie gekoop nie, kan jy advertensies opstel om hulle te teiken, Daai advertensie wat jy sien vir dinge waarna jy gaan kyk het is die. Jy was op 'n webtuiste en na horlosies of kameras gekyk, en skielik is al wat 'n advertensie op Facebook en Youtube en sommer Google oor horlosies en kameras, dis herbemarking.

Internet Bemarking Pretoria en Centurion | Geaffilieerde bemarking


Geafillierde bemarking is wanneer jy vir ander die geleentheid gee om 'n kommissie te werf vir verwysing na jou webwerf. Basies wat gebeur is jy gee vir mense 'n spesiefieke skakel soos http://lump.co.za/guym.html Jou website word opgestel om inligting in te samel van die koper, en dit word gekoppel aan die affiliate sodat wanneer die koper 'n transaksie doen, 'n kommissie aan die affiliate verskuldig is.

Ons kan jou webwerf opstel vir affiliate. Hoe meer affiliate jy werf, hoe meer verkope behoort jy te doen.

Laastens video advertensie


Jy kan adverteer op videos op YouTube, of YouTube skeppers borg en vele ander maniere soos jou eie videos skep. Ons kan van bystand wees.

See more blogs by tag

Internet bemarking, Pretoria veldtogte, ppc, betaal per klik,

Blogs

Contact Us

Pretoria Web Design is a division of Imagimedia. This site focuses on website design and optimisation. Do not just arrive, make an appointment so that you won't be disappointed.

Contact: Guy McLaren
Imagimedia

143 Sandvygie Crescent
Doornpoort
Pretoria
GAUTENG
0017

Call 076 934 3640
Mobile 076 934 3640

Map and Directions

Contact us by email

Your Name

Your Email address

Your Phone Number

Spam Control. Opposite of light? dark or yellow?
Your Message